Geskryf deur: Milan Potgieter 4 min

Ons gesels met Gia Smith en Luan Venter

Ek was bevoorreg om tyd saam met ons hoofleiers van 2026, Gia Smith en Luan Venter, deur te bring om hulle beter te leer ken.

1. Wat is jou lewensleuse?
Gia: Jesus Nommer 1
Luan: Moet nooit opgee nie, al is dit moeilik!

2. As jy jouself in een woord moet beskryf, wat sou dit wees?
Gia: Koningskind
Luan: Toegewyd

3. Wat sal die boek oor jou lewe se naam wees?
Gia: Giana Smith Tennis Journey
Luan: Ek het probeer ontspan… dit het nie gewerk nie.

4. Wat is die grootste uitdaging wat jy al te bowe moes kom?
Gia: My grootste uitdaging was toe my hondjie dood is terwyl ek besig was met die nasionale tennistoernooi.
Luan: Ek het ʼn besering en sal moontlik nie atletiek kan doen nie, maar ek bly positief en oefen vir die rugbyseisoen.

5. Wat doen jy wanneer niemand kyk nie, wat wys jy is ‘n waardige leier?
Gia: Ek doen altyd die regte ding, al kry ek nie erkenning nie.
Luan: Ek doen my take altyd voluit, sonder dat iemand my hoef te vra om dit te doen.

6. Wat is jou gunstelingwoord of -gesegde in Afrikaans?
Gia: Wie nie waag nie, wen nie.
Luan: Waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg.

7. Watter een van jou eie karaktereienskappe dink jy gaan die grootste verskil in die skool maak?
Gia: Positiwiteit
LUAN: Doelgerigheid. Ek hoop om almal om my te kan motiveer om vir hulleself hoë standaarde te stel met alles wat hulle doen.

8. As jy vir een dag kon oorneem as skoolhoof, wat is die eerste ding wat jy by ons skool sou verander?
Gia: Ek sal Bybel inbring as nog ‘n vak.
Luan: Ek sou die pouses langer maak.

9. Wie is jou grootste rolmodel? Wat het daardie persoon jou oor leierskap geleer?
Gia: My pa. As jy God eerste stel, val alles anders in plek.
Luan: Pieter-Steph du Toit. Hy het vir my gewys dat ʼn goeie leier nie baie hoef te praat nie; hy lei deur sy aksies.

10. Waarvoor is jy banger: ’n Toets waarvoor jy nie geleer het nie of om voor die hele skool op die verhoog te praat?
Gia: ʼn Toets waarvoor ek nie geleer het nie.
Luan: Beslis om voor die hele skool op die verhoog te praat.

11. As jy ’n "superpower" kon hê om die skool beter te maak, wat sou dit wees?
Gia: Ek sou kinders wat hartseer is se gedagtes wil sien en hulle dan beter maak.
Luan: Hipnose. Ek sou dit gebruik om vir almal die Rantie-spangees te gee, sodat hulle betrokke wil wees by die skool.

12. Wat is die een reël in die skool wat jy self soms moeilik vind om te volg?
Gia: Om nie so baie te praat in die klas nie.
Luan: Huiswerk doen. Dit is soms moeilik om dit in ʼn besige middag in te pas.

13. Aan die einde van die jaar, wanneer jy graad 7 klaarmaak, waarvoor wil jy hê moet die ander leerders jou onthou?
Gia: Dat ek ʼn positiewe verskil gemaak het en vir die kinders Jesus gewys het.
Luan: Ek wil onthou word as iemand wat ʼn goeie vriend was en wat altyd die Rantie-naam hoog gehou het.

Met julle energie en toewyding gaan julle hierdie jaar beslis ‘n positiewe verskil maak.

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.