‘n Boepie hier, ‘n boepie daar en siedaar!
Is dit waar? Is daar Baba-Ranties op pad of is daar dalk ‘n moontlikheid dat sommige van ons onnies hulself tydens pouses knuppeldik knaag aan die lekker koek en verversings in die personeelkamer?
Hoe is dit moontlik dat net juffrouens Whelan, Crouse en Cloete se boepies sistematies groei? Is hul in kompetisie met mekaar om te kyk wie die grootste boepie kan dra? Wel, die geheim is uit. Heel duidelik is dit nie as gevolg van die koek of hulle snoepiebestellings nie. Hulle verwag en binnekort sal daar nuwe toevoegings tot die Rantie-familie wees!
Wat ‘n verligting! Gewig is ‘n teer punt vir elke vrou. Gelukkig is die boepies ‘n tydelike huisvesting vir die kleine bloedjies en nie te danke aan lekker eet nie.
Ons is vreeslik opgewonde om die babatjies te ontmoet en met ope arms te verwelkom – baie geluk aan ons Juffies. Ons wens elkeen van julle gesondheid, geluk en baie vreugde toe.