Geskryf deur: Carissa Müller 1 min

Kom ons rus op Werkersdag!

Volgens Wikipedia is Werkersdag 'n nasionale vakansiedag wat die werkers van die land huldig. Dit word in verskillende lande, insluitend Suid-Afrika, gevier. Dit word hier jaarliks op 1 Mei gevier.

Ek dink kinders kort ook 'n “Werkersdag”, want kinders werk te hard. Ons het skoolwerk, huiswerk, leerwerk, leeswerk, sport en kultuur. Ons moet mos "gebalanseerd" wees, maar wat van ontspan? Baie keer het ons 'n langer "werksdag" as werkende mense. Ons dae begin al sewe-uur en soms is ons besig tot na agtuur die aand.

Dit is belangrik dat ons ontspan, sodat ons weer kan konsentreer. Ek het op die internet gaan lees oor die voordele van ontspanning en gesien dat rus ons geheue verbeter, dit hou ons harte gesond en verminder spanning.

Daarom is dit belangrik dat kinders ook op Werkersdag rus. So asseblief Juffrou en Meneer, geen huiswerk of leerwerk vir daardie dag nie! Kom ons almal ontspan. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.