Geskryf deur: MJ Möller 1 min

‘n Vrou so na aan God se hart

Dit is juffrou Van As wat al vir die afgelope 14-jaar aan die stuur van Laerskool Randhart se Bybelvasvra is. As ek dink aan juffrou Van As en die Bybelvasvra, dink ek aan Lukas 18:16 wat sê: “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hulle nie verhinder nie,” en juffrou Van As het beslis die taak voltooi.

Ek het met juffrou Van As gesels oor wat die Bybelvasvra vir haar beteken.

Volgens haar het dit haar geleer dat God se genade vir ons genoeg is; dat die noue band tussen spanmaats van hulle lewenslange vriende gemaak het. Om op jou spanmaat in alle situasies, maklik en moeilik, te vertrou en dat hulle in elke situasie belangrik is. Deur die Bybelvasvra het juffrou Van As geleer dat niks vir God onmoontlik is nie en dat harde werk en deursettingsvermoë altyd beloon word. Een wenk wat sy vir ons gee, is dat al spandeer jy die meeste van jou tyd met die inhoud, jy nooit alles onthou nie en dat ons altyd alleen tyd saam Jesus moet deurbring.

So kom ons almal trek elke dag die wapenrusting van God aan, sodat staande kan bly.  

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.