Geskryf deur: Suené Pretorius 4 min

Is jy die volgende Einstein?

Volgens wetenskaplikes is daar sterk bewyse wat daarop dui dat musikale opleiding die breinstruktuur en breinfunksie kan verbeter. Die stimulering van die brein tydens die speel van ’n instrument verbeter uitvoerende funksies (wat verantwoordelik is vir die regulering en aanpassing van gedrag en aksies, verwerking en behoud van inligting en oplossing van probleme) en kognitiewe funksies (wat geheue en abstrakte redeneringsvaardighede insluit). Uitvoerende funksionering is veral ’n kragtige aanwyser van akademiese prestasie – selfs meer as IK!

Met dié mondvol, het ek ‘n onderhoud met juffrou Weinrich gaan voer om meer uit te vind oor Laerskool Randhart se Algemene Kennis-kompetisie.

1. Juffrou, waaroor gaan Algemene Kennis?
Algemene Kennis is waar ons meer oor ‘n wye reeks feite van verskillende onderwerpe leer.

2. Hoe leer mens vir die Algemene Kennis-kompetisie?
Ons leer baie hard en hou ons oë en ore oop. Enige nuus wat op televisie of in die koerante voorkom, kan moontlike vrae wees wat in die Super 12-kompetisie gevra kan word.

3. Moet ‘n mens slim wees om dit te kan doen?
Jy hoef glad nie ’n slimkop te wees nie, maar jy moet lief wees vir leer en ‘n nuuskierige geaardheid hê.

4. Wie kan aan die Algemene Kennis-kompetisie deelneem?
Daar word drie graad 7-leerders vir die Super 12-span gekies.

5. Waar neem julle deel?
Ons neem hierdie jaar by Laerskool Wierdapark deel.

6. Hoe vaar die Ranties gewoonlik in die Algemene Kennis-kompetisie?
Die Ranties Algemene Kennis-span maak my altyd ongelooflik trots. Ons was al ‘n paar keer in die Top 10 gewees.

Met hierdie interessante inligting voor jou, wil jy nie ons skool kom verteenwoordig met jou senuwees van staal en ”koel-soos-‘n-kommer”-talent nie? Ons het jou nodig, kom en wees deel van die 2023 Ranties “Boom”.

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.