Geskryf deur: Caitlin de Waal 1 min

Verlore liefde

In jou oë sien ek weer lewe
waarsonder ek nie kan strewe.
Wanneer jou liggie in my oordrewe
kan ek jou vir alles vergewe.

Ek sal nooit jou liefling wees,
want sy is altyd in jou idees.
In die middernag stort my oë,
jy sal my tog nooit glo.

Jy is my hart se punt,
maar ek sal nooit my liefde by jou vind.
Ek sal haar nooit wees
en dit bots met my gees.

Jy is tog net ‘n gedagte,
want hoe kan ek met bruin oë,
donker soos die nag,
kompeteer met haar helderblou oë wat
my dadelik laat dink:

Wat kan ek doen om ooit
so mooi te kan wees?

In die middernag stort my oë;
sy is jou hart se pyl en boog. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.