Hierdie kwartaal word die leiers van 2024 gekies.
Dit is ‘n stresvolle tyd vir die graad 6’e. Die eerste ronde is al die graad 6’e besig om te dagdroom oor wat sal gebeur as hulle gekies word. Almal in graad 6 dink aan die lys. Nie net sal al die graad 6’e in die tweede ronde stem nie, maar die graad 5’s ook. Dan breek die aand aan wanneer die leerlingraad van 2024 aangekondig word.
Daar gaan baie angstige gesinne wees wat gaan kyk. Dan die opwinding en angs oor wat gaan kom.
Daar is baie lekker goed wat wag soos die leierskamp en die dag wat die nuwe graad 1’s van 2024 gaan kom. Daar is die eerste dag wat jy diens staan.
Daar is baie moeilike goed wat ook op jou wag. Om leerlingraad te wees is glad nie maklik nie en baie word van jou verwag, maar deur alles leer jy, word jy sterker en elke dag is die moeite werd.
Sterkte vir al die graad 6’e. Onthou, jy hoef nie deel van die leerlingraad te wees om ‘n leier te wees nie en as ‘n graad 7-leerder gaan elke graad 1-leerder na jou opkyk en jy kan ʼn verskil maak of jy deel van die leerlingraad is of nie.