Geskryf deur: Redaksie 3 min

Vean Tennant – Ons eie “superstar”

Vean se mamma (Jannine) sê:

“Vean was al van kleins af ‘n Looney Toon. Ons het hom by dramaklasse ingeskryf (Alta Mouton van Babbelbekkies Drama). Binne ‘n jaar se tyd het hy so mooi floreer.

Hy het baie goed met eistedfodd gedoen en het altyd gesê hy wil eendag ‘n bekende akteur word. Ons het hom vir oudisies in Menlyn geneem om ‘n kursus te voltooi en in ‘n fliek te verskyn.

Hy is gekies en het toe deel van Izak Davel se span gevorm, waar hulle hom gementor het, sodat hy verder kon groei. Na vier maande het hy in die kortfilm Groepsprojek op Kyknet se Via-kanaal verskyn.

Izak Davel het gesê dat hy baie talent het en dat ons dit moet koester, sodat hy dit nog ver kan bring.

Vean sê:


Wie is jou gunstelingakteur?
Angelina Jolie.


Watter bekende akteur wil jy nog eendag ontmoet?
Hillary Duff.


Wat is jou gunstelingfliek?
Maleficent.


Hoe het dit gevoel om deel van ‘n regte kortfilm te wees? Hoekom?
Lekker, want jy is deel van iets spesiaal waaraan nie almal kan deelneem nie. Jy voel spesiaal.


Was dit lekker om regte akteurs te ontmoet? Hoekom?
Ja, veral Izak Davel. Ek het hom in Hoofmeisie gesien toneelspeel en toe het ek vir my ma gesê ek wil eendag soos hy wees.


Hoe het dit gevoel om toneel te speel voor TV-kameras? Hoekom?
Lekker, want ek kon my verbeelding uitleef.


Sal jy dit weer doen? Hoekom?
Ja, want dit is lekker om deel van so ‘n spesiale projek te wees. Ek het na plekke toe gegaan wat ek andersins nooit sou besoek nie.


Wat is jou volgende doelwit met toneelspel?
Ek wil graag eendag in ‘n komedie speel. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.