Geskryf deur: Abigail Leite 2 min

Vakansies is te kort

Ek dink die lewe wil hê ons moet vinnig grootword.
Die laaste dag kry ons ons rapport.
En as jy jou oë uitvee, is die vakansie uitgesort.

Ek sal nog lekker lê en slaap
of op die stande lê in die Kaap.
En dan met net een lang ou gaap,
is dit weer terug huis toe van die Kaap.

Onderwysers kla hulle sien ons te min,
maar ons sien vakansie g’n.
Ek soek my sin
dat ons onderwysers ook sien - so min.

Die langste vakansie is Kersfees,
maar graad sewes se vakansie lei tot vrees,
want die jaar daarna, gaan hulle in hoërskool vorms inlees.
Aan die einde van die jaar is hulle so wit soos ‘n gees.

Vakansies is te kort.
Vakansies moet so lekker wees soos ‘n warm stort.
Kinders in vakansies moet nie grootword,
net omdat vakansies te kort word. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.