Geskryf deur: Caylie Henning 1 min

Vadersdag

Vadersdag is ‘n spesiale dag wat die viering van pa’s, wat vreugde, liefde en glimlaggies bring, te vereer. ‘n Vaderfiguur is so nodig in die lewe en hulle speel ook ‘n baie groot en belangrike rol in volwassenes en kinders se lewens. Hier volg so ‘n paar goed wat hulle as karakters beskryf.

Hulle beskerm ons, is lief en ondersteun ons, is mentors, is ook soos ons eie persoonlike pom-pom-meisies (partykeer net ‘n rowwe een) en is ‘n blink voorbeeld van vriendelikheid en deernis.

Alhoewel daar so baie woorde is om hulle te beskryf, is daar tog nie genoeg nie en ‘n pa is veel meer as net ‘n woord.

Ek hoor dit is nie maklik om ‘n pappa-boepie te kry nie. Dit verg baie kilogramme braaivleis, koeksisters, vele liters bier en talle ure van luilekker voor die TV lê. Dit kom ook nie oornag nie en jy kan net soveel keer Mamma of ’n kind se kos steel.

Blykbaar gee ’n pappa ook nie om as sy maag voor hom in ‘n kamer inkom nie. Volgens my pa is dit nie ‘n “pa-liggaam” nie, maar dit is ‘n vaderfiguur. Ek het van my maats gevra hoe hulle pa hulle ondersteun en wat hulle van hulle pa’s hou. Hier is hulle woorde:

”Ek hou van hoe my pa altyd selfversekerd is in elke situasie en nie maklik opgee nie. Hy help my in moeilike tye deur my daardeur te lei met sy raad en ervaring in die lewe. Hy sê vir my om nooit moed op te gee nie en druk my om altyd my allerbeste in elke situasie te do 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.