Op Donderdag 26 Julie en Vrydag 27 Julie het ons Super 12-tennisspanne onder leiding van juf. Elsemari Erasmus en juf. Leani Potgieter by L.C. de Villiers in Pretoria deelgeneem. Die 2 reserwes, Miné Visser en Dian Potgieter, het ongelukkig net Donderdag deelgeneem en het apart van al die ander op Lynwood se tennisbane gespeel.
Wie het almal deelgeneem?
Dogters:
Nina van Coller
Ava Allen
Marche du Preez
Lezé Prinsloo
Miné Visser (Reserwe)
Seuns:
Milan Potgieter
Liam van den Berg
Connor Roesch
Declan Lategan
Dian Potgieter (Reserwe)
Hierdie seuns en dogters het uitstekend presteer. Uit die 20 skole wat deelgeneem het, het die dogters algeheel 9de geëindig en die seuns algeheel 10de.
Die uitslae was as volg:
Seuns: |
1. Verloor Constantiapark |
2. Verloor Vastrap |
3. Wen Tzaneen |
4. Wen Kruinsig |
|---|---|---|---|---|
Dogters: |
1. Verloor Constantiapark |
2. Verloor Vastrap |
3. Wen Tzaneen |
4. Wen Kruinsig |
Die uitspele se uitslae:
Seuns: |
SPEEL UIT VIR 9-12 |
Wen JJ van der Merwe |
Verloor Middelburg |
|---|---|---|---|
Dogters: |
SPEEL UIT VIR 9-12 |
Wen Fontainebleau |
Wen Hennopspark |
Hierdie toernooi was goeie voorbereiding vir die skoolliga wat hierdie week afskop. Ons wens al ons spelers sterkte toe en ons vertrou dat julle heel bo sal eindig.
“YOU ONLY LIVE ONCE BUT YOU GET TO SERVE TWICE!”