Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld. Dit het meer as 1 500 jaar gelede ontstaan toe ‘n koning sy raadgewers gevra het om ‘n speletjie uit te dink. Dus die naam -koninklike spel- wat ‘n strategiese bordspel tussen twee spelers is.
Ek het die geleentheid gehad om ‘n onderhoud met Ruan Voogt, Laerskool Randhart se top skaakspeler, te voer.
Lees graag verder om uit te vind wat hy oor skaak te sê het.
• Wat het gemaak dat jy van skaak hou?
Die liefde vir die sport en dat ek moes dink.
• Hoe lank speel jy al skaak?
Ek speel al vir sewe jaar skaak.
• Is dit moeilik om skaak te speel?
Ja, dit is moeilik.
• Hoe oefen ‘n mens skaak?
Jy speel teen ‘n rekenaar.
• Is skaak vir jou maklik?
Ja.
• Is daar “moves” wat jy kan oefen of skuif mens net die skaakstukke?
Daar is sekere beginsels en jy oefen sekere taktieke.
• Wat is jou grootste uitdaging met skaak?
My opponent.
Skaak is lekker en boonop maak dit jou slim. Ek nooi my mede-Ranties uit om aan skaak te kom deelneem. Daar is baie bevrediging daarin om vir iemand “skaakmat” te sê.