Volgens die HAT Afrikaanse woordeboek, is ‘n sekretaresse ‘n vrou wat die administrasie van ‘n kantoor behartig, onder andere briewe tik, liassering doen, die telefoon antwoord en vergaderings reël. Daar word selfs elke jaar ‘n spesifieke dag uitgesit om die persone te eer en te waardeer.
Ons by Laerskool Randhart vier hierdie dag om dankie te sê aan elke Rantie-kantoortannie, vir al hul hulp, omgee en passie vir elke leerder. Ons Ranties wil graag dankie sê vir alles: vir elke pleister en al die apiebloed, vir die huiswerkboekies, die papiere wat afgerol word, die lêers wat ingeneem word en die glimlagte wat elke dag ophelder. Julle word opreg waardeer!