Is jy dalk skaam of bang om voor mense te praat? Wel, hier is ’n paar stappe om jou te help om jou vrees te oorkom.
Benodigdhede:
- ’n toespraak
- spieël
- jou gesin, familie en vriende
- teddiebere
Metode:
1. Spandeer baie tyd aan die beplanning van jou toespraak om te verseker dat jy opgewonde is en glo in dit waaroor jy moet praat.
2. Lees jou toespraak ‘n paar keer deur om daarmee gemaklik te raak.
3. Leer jou toespraak uit jou kop en sê dit hardop voor ’n spieël vir jouself op.
4. Maak seker jy glo in jouself en jou toespraak.
5. Sê dit mettertyd vir jou teddiebere op, sodra jy meer gemaklik met jouself voel en jy die toespraak met selfvertroue kan opsê.
6. Trek jou familie en vriende nader om die toespraak vir hulle op te sê en moedig hul aan om vir jou terugvoer te gee.
7. Evalueer die terugvoer en pas jou toespraak of die aanbieding van jou toespraak aan waar jy dink dit nodig is.
8. Gaan jou toespraak so ‘n paar keer deur op die dag wat jy jou toespraak moet lewer.
9. Moenie twyfel in jouself nie; jy is goed voorbereid. Sê vir jouself: “Ek kan, ek kan, ek kan.”
10. Lewer jou toespraak met selfvertroue en geniet dit. Mense hou daarvan om na ’n entoesiastiese spreker te luister.
Volg net al hierdie stappe en dan sal jy ’n uitstekende toespraak kan lewer.