Geskryf deur: Melenique Nel 2 min

Redenaars is vet pret - vra maar vir juffrou Erasmus

Dis bitter belangrik om selfvertroue te kweek en redenaars is ’n briljante platform hiervoor.
Ons het onlangs ’n onderhoud met juffrou Erasmus gevoer om te hoor wat redenaars so lekker maak.

Het Juffrou redenaars op laerskool gedoen?
Redenaars loop al lank in my bloed. Ek het van graad 1 tot graad 12 aan redenaars deelgeneem.

Waar het Juffrou se liefde en passie vir redenaars begin?
Ek kan maar sê dat my liefste pappa my van die redenaarskuns geleer het.

Wat is van die voordele van redenaars vir enige kind?
Dit verbeter jou vaardighede om met selfvertroue voor ‘n gehoor te praat. Dit is ‘n goeie geleentheid om ander te inspireer en te oortuig oor hoe jy oor ‘n saak voel. In vandag se tyd is dit goed om daardie vaardigheid te bemeester.

Watse wenke het Juffrou om die senuwees onder beheer te hou voor ’n gehoor vol mense?
Sê altyd vir jouself die volgende: “Jy is reeds ‘n stappie voor die persoon wat nie vandag voor ‘n gehoor praat nie.
Moenie dink nie, doen dit net!”

Dink Juffrou redenaars gaan oor meer as net wen?
Absoluut! Dit is ‘n persoonlike wenpaal wat jy kan bereik.

Watter raad sal Juffrou aan die toekomstige graad 1-redenaar gee?
Probeer is die beste geweer.

Glo Juffrou redenaars is ‘n platform wat mens in die hoërskool ook moet oorweeg?
Vir seker. Ek hoop dat elke Rantie in die toekoms redenaars sal oorweeg.

Waarna sien Juffrou die meeste uit ten opsigte van redenaars in 2024 vir Laerskool Randhart?
Om nuwe talente te ontdek en die liefde vir redenaars by nog vele leerders te kweek.

Ek, wat self redenaars baie geniet, dink beslis redenaars kweek kinders met waagmoed. Ons hier by Randhart sien baie uit na 2024 se redenaars en nooi elkeen uit om te probeer! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.