Ons kan voorwaar met breë skouers op die dakke van Alberton staan en uitskree: “RANTIES BLY TOPS!”
Randhart lewer jaar na jaar topkwaliteit leerders aan hoërskole regoor die provinsie as gevolg van die besonderse grondslag wat van dag 1 af neergelê word.
Laerskool Randhart is onlangs in ’n brief vanaf Helpmekaar Kollege geloof vir hulle bydrae tot die vorming en opvoeding van hulle leerders.
In 2018 het 25 van ons leerders by Helpmekaar as Welpies ingeskryf en hierdie oud-Ranties het besonders in die IEB-matriekeksamen van 2022 as ware Helpies presteer.
Hulle het altesaam 59 onderskeidings behaal. Die leerders is as volg:
Nico Olivier (9), Karmen Pelser (5), Ruben Haasbroek (4), Candice Kruger (4), Gerhard Pretorius (4), Jayde Rosslee (4), Wil Viljoen (4), Chanté Du Preez (3), Ivanne Erasmus (3), Erin Green (3), Connor Annandale (2), Zoey Coetzer (2), Mia Deerans (2), Ryan Louw (2), Mijuane van Staden (2), Jean Adendorff (1), Ockie Brits (1), Connor Dirker (1), Xandro Hattingh (1), Tiaan Kruger (1), Bianca van Niekerk (1), Winey Naude, Brendon van der Merwe, Emile van Niekerk en Brendon van Rooyen slaag met universiteitstoelating.
Knap gedaan! Ons is voorwaar trots op elkeen van julle en die ongelooflike prestasies wat julle behaal het.
Helpmekaar Kollege is jaar na jaar een van die beste skole in die provinsie. Die 2022 IEB-eksamen was geen uitsondering vir hulle nie. Hulle 2022-matriekgroep het almal universiteitstoelating en hul graadgemiddeld was 74%. Uit hulle toppresteerders het 1 leerder 13 onderskeidings, 2 leerders 10 onderskeidings, 5 leerders 9 onderskeidings, 11 leerders 8 onderskeidings, 12 leerders 7 onderskeidings en 14 leerders het 6 onderskeidings met vele meer wat 5, 4 of 3 onderskeidings het.
WELGEDAAN aan Helpmekaar! G’n wonder julle lewer suksesvolle volwassenes op soos bv. Mimi Coertse (operasangeres), Deon Coetzee (akteur), Barrie Hough (skrywer) en Marius Kloppers (ekonoom), om maar net ’n paar te noem.
Ons koester al die mooi wat 2022 opgelewer het. Nou is dit tyd vir 2023 en ons rig ons oë op die jaar vorentoe met al sy nuwe uitdagings, verwagtinge en prestasies. KOMAAN Ranties en oud-Ranties, ONS GLO in elkeen van julle. Teen einde 2023 staan ons weer op die dakke van Alberton en skree: “RANTIES BLY TOPS!”