Geskryf deur: Mieke van Helden 1 min

Pom-pom-dogters blink goud

Douvoordag op 22 Oktober het ’n groep baie opgewonde dogters by die skool aangekom.

Die groot dag het aangebreek! Die dag van die 90.6FM Cheerleading Competition. Daar is omtrent hare gedoen, grimeerkwaste het vinnig heen en weer geswaai en lippies is rooi geverf.

Na baie ure se oefening, was ons reg vir die groot oomblik. Daar was ’n totaal 8 skole wat aan die kompetisie deelgeneem het – 4 laerskole en 4 hoërskole.

Laerskool Randhart se pom-pom-dogters het vir seker die hele skare se asems weggeslaan of eerder weggedans. Die Ranties het as wenners uit die stryd getree. Elke sekonde van elke oefening was die moeite werd toe daardie goue medaljes om die meisies se nekke gehang word.

Ons wil graag elke juffrou wat betrokke was by die pom-poms uit ons harte bedank. Ons waardeer al die tyd wat hulle opgeoffer het, asook al die harde werk.

Die Pom-pom-groep van 2022, wat ook die eerste pom-poms vir die Ranties is, het vir seker geskiedenis gemaak! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.