Oupas en oumas maak die wêreld 'n bietjie sagter, 'n bietjie vriendeliker en 'n bietjie warmer.
By elke sport- en kultuurgeleentheid is dit duidelik dat die Ranties-oupas en -oumas het wat ons ondersteun in alles wat ons doen.
Oupas en oumas is geskiedkundiges, onderwysers en rolmodelle vir hulle kleinkinders.
Dr. Arthur Kornhaber het gesê dat oupas en oumas lewendige tydmasjiene is. Hulle vertel vir ons stories oor ons families en die verlede. Hulle kan selfs nog onthou toe daar elektrisiteit was.
Oupas en oumas leer ons van die belangrikheid van familie. Ons leer deur hulle lewenservaring, wysheid, respek en onvoorwaardelike liefde.
Kinders kyk op na hulle grootouers en ons leer baie, sonder dat julle 'n woord hoef te sê. Julle ondersteuning is van onskatbare waarde en ons as Ranties sê dankie.