Geskryf deur: Leora Höll 2 min

Die o. 13A-netbalspan is op pad na sukses

Ons ongelooflike o. 13A-netbalspan gaan ‘n opwindende jaar hê met al hulle toere en belangrike wedstryde! Ons het vir hul afrigter, juf. M. Steenkamp, ‘n paar vrae gevra om meer oor hierdie toere uit te vind.

Waarheen toer die o. 13A-netbalspan hierdie jaar?
Menlo-toernooi
Sportisimo-toernooi
Wildeklaver-toernooi


Sien julle uit na die toere?
Ons sien baie uit na die toere, veral die Wildeklaver-toernooi, want dit is die eerste keer wat ons skool genooi word na hierdie prestige geleentheid!

Hoe gaan dit met die voorbereidings vir die toere?
Ons is reeds hard aan die oefen. Ons het laasjaar saam met Anton Bloem, ‘n biokinetikus, geoefen en oefen elke Saterdag hard aan ons vaardighede.

Wat is jul grootste uitdaging?
Ons grootste uitdaging is om vir die SA’s te kwalifiseer.

Wat is jul einddoel vir die jaar?
Ons grootste wens is om SA’s te wen.

Het jul ‘n boodskap aan voornemende gr. 1-netbalspelertjies wat ook eendag vir die o. 13A-netbalspan wil speel?
Moet nooit ophou probeer nie! Wees lief vir die sport en sit meer in as wat van jou verwag word.

Ons hoop julle drome en wense word hierdie jaar bewaarheid en dat julle jul einddoel sal bereik! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.