Geskryf deur: Amori van Vuuren 1 min

Moedertaaldag!

Op 21 Februarie het die hele land Moedertaaldag gevier. Moedertaal is die taal waarmee jy opstaan en gaan slaap. Dit is die taal waarin jy dink en jouself uitdruk. Dit is die taal waarin jy spontaan bid, Bybel lees én dit is die taal wat jou hart laat bons van trots.

Ons Afrikaners het sulke lekker woorde soos skotteljons en kielie! Ons spog met idiome soos "die aap uit die mou laat" en ons spog met eg Afrikaanse disse soos melktert, koeksisters, frikkadelle en boeretroos-koffie. Die kersie op die koek is natuurlik ‘n braaivleisvuurtjie en lekker geselskap!

Moedertaaldag is 'n dag om ons net weer opnuut te herinner aan ons afkoms. 'n Dag om ons opnuut te laat trots wees en met warm harte ons taal te laat voortleef! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.