Na ‘n lang winter is dit uiteindelik lente. Ons almal geniet lente, want dit is warm, die voëls sing weer vrolik en orals begin die bome bot. Begin lente regtig op 1 September?
Volgens sterrekundiges, begin lente eintlik hierdie jaar op 23 September en eindig op 22 Desember. Dit is omdat die aarde om die son beweeg en nie presies aan die begin van die maand op die regte plek vir lente is nie.
As jy hierdie seisoen in jou tuin gaan staan, gaan jy allerhande lekker reuke ruik. Vir my is die lekkerste deel van lente om ‘n plant te plant en te sien hoe dit groei.
‘n Paar aktiwiteite wat jy kan doen is:
• Blomme plant.
• Begin om die huis skoon te maak.
• Gaan stap.
• Ry êrens met jou fiets.
• Swem
• Piekniek hou.
In die lente sal daar weer skoenlappers rondvlieg en alles lyk weer mooi en nuut.