Geskryf deur: Carissa Müller 3 min

Ken jy jou mamma?

Moedersdag is om die draai. Dit het my laat besluit om 'n paar kinders uit te vra om te kyk hoe goed hulle hulle mamma ken.

Daniella Artman Graad 7
Carla Esterhuizen Graad 7
Aniqa Schutte Graad 6
Rebekka Buys Graad 4

Hier is 'n paar van hulle antwoorde (nie in volgorde nie).

Wat is iets wat jou mamma altyd sê?
 Oefen jou musiek.
 I love you.

Hoe laat jou mamma jou lag?
 Met grappies.
 As sy my kielie.
 As sy my snaakse name noem.

As jou mamma beroemd word, waarvoor sal dit wees?
 Grimering en naels.
 Sy is klaar beroemd.
 Vir grappe.
 Vir die gesondste vrou in die wêreld.

Waarmee is jou mamma baie goed?
 Macarons bak.
 Naels doen.
 Kosmaak.
 Grappe vertel en om na ons te kyk.

Wat maak jou trots op jou mamma?
 Sy werk baie hard.
 Sy is altyd daar vir my.
 Dat sy goed macarons bak.
 Sy koop baie vir ons, al gebruik sy haar laaste geld.

Wat doen jy en jou mamma saam?
 Kook en ysskaats.
 Sorg vir my hond.
 Kosmaak.

Waar is jou mamma se gunstelingplek?
 Die huis.
 Waar sy getrou het.
 By Mugg & Bean.

Hoe weet jy jou mamma is lief vir jou?
 Sy gee elke oggend vir my 'n drukkie en sy sorg vir my.
 Sy sê dit elke dag vir my.
 Sy gee vir my kos en sê vir my nag.
 Sy sê elke aand vir my sy is lief vir my.

Gelukkige Moedersdag aan al die mammas! Ek hoop julle word lekker bederf!

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.