Geskryf deur: Rumay van Vuuren 1 min

Ivor Swartz

Ons het die voorreg gehad dat pastoor Ivor Swartz ons skool kom besoek het. Deur sy getuienis van God se altyd-teenwoordige hand in sy lewe, is hy ‘n lewendige voorbeeld van die gesegde aanhouer wen.

As kind het hy moeilik in baie beproewende en neerdrukkende omstandighede grootgeword. Dit het hom van die pad laat afdwaal, maar te danke aan die onuitputbare genade en liefde van God en pastoor Ivor se gewilligheid om na God se woord en stem te luister, is hy nou nie net ‘n geredde man nie, maar ‘n leraar wat ander na God toe kan lei en inspireer.

Deur sy storie inspireer en motiveer hy mense op ‘n daaglikse basis. Hy leer ons om nooit terug te draai nie en om altyd voluit vorentoe te beweeg. Hy leer ons ook dat dit nooit te laat is om ‘n slegte situasie in ‘n goeie een te verander nie.

Ons het vir seker iets gehad om weg te vat van pastoor Ivor se verhaal. Nie net het hy ‘n suksesvolle lewe nie maar hy help ander om, ongeag van hulle omstandighede, die positiewe in elke situasie te vind.
God se genade en liefde is oneindig. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.