Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nodig warm dae vir jou en vir my…
Roomys eet, slushies drink, kort klere dra;
heeldag swem, fietsry – wat meer kan mens vra?
Die son kom vroeër op
en gee ons meer tyd om te speel,
ook vir naweke braai
en kuiers reël.
Bome bring nuwe lewe,
tuine is met blomme gevul.
Mamma kan weer in die tuin rond vroetel –
net as sy wil.
Rietvlei is die plek om uit te hang –
stap, fietsry of vis te gaan vang.
Padlangs terug stop jy iewers om ‘n lekker melkskommel te kry,
of wag om ‘n koue waatlemoen by die huis te gaan opsny.
Lente is nie nét daai één dag – die eerste September,
maar die vooruitsig van goeie tye wat ons altyd sal “remember”.
Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nodig warm dae vir jou en vir my…