Geskryf deur: Ellené Anderson 2 min

Dis ‘n gekattemaai by Laerskool Randhart…

Ranties kry nie net 9, maar eerder 18 nuwe katlewens by!

Wie is hulle en hoekom lyk hulle dan so baie na ons eie Ramkat?

Soos rugbyspelers hul stewels ophang, het Ramkat besluit om sy (kat)stewels na menigte jare by Randhart finaal op te hang en die (kat)leisels aan niemand anders nie as sy eie twee kinders, Ramkat Junior en Katryn, te oorhandig.

Beide het al behoorlik op die sportveld, kultuur en akademiese gebiede gekattemaai! Onlangs het hulle ons nuwe graad 1’s by Randhart verwelkom asook ons atlete by die Interhuis ondersteun. Glo my, hulle kan nogals daai (kat)lyfies op die ritme van Bernice West se “Lyfie” swaai. Hulle gaan vir seker nog lekker saam met ons kattemaai tydens Randhart se vele opkomende sosiale kalendergebeurtenisse!

Maar net soos katte seker maar is, is Ramkat Junior en Katryn vreeslike nuuskierige kreature wat eenvoudig nie kan wag om die ongelooflike reise en avonture wat Randhart bied saam met elke Rantie aan te pak nie.
Hulle hoop om hul pa, Ramkat, se (kat)voete, of eerder pote, vol te staan na die beste van hulle vermoë.
Ramkat, die hele Rantie-familie en gemeenskap wens jou alle voorspoed op jou pad vorentoe. Ons gun jou jou welverdiende brokkie laatmiddag son! Ons gaan jou en al die goeie tye wat ons saam gedeel het vir seker mis.
Vaarwel ou grote Ramkat en welkom tuis Ramkat Junior en Katryn.

Laat die kattemaai begin! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.