Geskryf deur: Olivia Ford 1 min

In die wêreld van kouse, wees die sokkie wat uitstaan 

Bloedrooi... potblou... grasgroen en ja waarlik, Barbie-pienk! Dis net enkele, flitsende kleure van die wye verskeidenheid kouse wat die graad 5-leerders op Donderdag 25 April 2024 tydens die Funkydrag-dag gedra het.

Dié vrolike dag het vir lekker gees by die skool gesorg. Almal sien gewoonlik uit na Funkydrag-dag. Dit is verbasend om te sien wat almal kan uitdink! Van al die graad 5-leerders was daar regtig ‘n paar wat met hul kouse uitgestaan het. Daar was “Pringles”, bye, gesiggies, strepe, kolletjies en gewone kouse met pom-poms op. Party het selfs hul skoene met plakkertjies en “googly eyes” versier. Gelukkig geen “legwarmers” nie... dankie tog!

Almal was so kreatief! Hulle het definitief die vlak van kreatiwiteit nodig vir Funkydrag verhoog en ons gaan kyk watter graad hulle verby kan vat.

Die graad 5-onderwysers het ook hieraan deelgeneem. Dit het bygedra om die dag op te vrolik.

Die skoolterrein was ‘n fees van kleure en opgewondenheid, met leerders wat hul kouse wys en aan mekaar en die onderwysers vertel en grappig verkeer. Die dag was gevul met lag, geselskap en natuurlik ‘n gesonde kompetisie vir die mees funky kouse. Almal het saamgekom om ‘n gees van eenheid en pret te skep.

Dankie graad 5’e! Ons het die dag saam met julle geniet! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.