Geskryf deur: Clarindie le Roux 2 min

Een keer ‘n Rantie, ALTYD ‘N RANTIE! 

Welkom terug by Ranties, juffrou Van der Schyf – Hier waar alles begin het!

Ons vier hierdie jaar Randhart se GOUE verjaarsdag. 50 jaar oud! Wat ‘n besondere mylpaal!

• Hoe voel dit om te weet dat Juffrou een van Laerskool Randhart se eerste groep graad 1’tjies was?

    Baie trots dat ek hier begin het en hoop dat ek my “onderwysloopbaan” hier kan afsluit.

• Kan Juffrou onthou wie die hoof was?

    Mnr. Daan Theron

• Was hy kwaai gewees?

    Ja

• Wie was Juffrou se gunstelinglaerskoolonderwyser?

    Juf. Du Preez. (gr. 2)

• Wat was Juffrou se gunstelingvak?

     Afrikaans en Natuurwetenskap

• Watter sport- of kultuuraktiwiteite het Juffrou gedoen?

     Atletiek, korfbal en kunswedstryde.

• Wat was die hoogtepunt en laagtepunt van Juffrou se laerskoolloopbaan?

    Hoogtepunt: Opgewonde om skool toe te gaan.

    Laagtepunt: Niks nie. Randhart was wonderlik.

• Ek verstaan dat onderwysers pakslae gegee het in die ou dae toe kinders ongehoorsaam was? Juffrou was
    sekerlik nie een van daardie kinders nie of hoe?

    Ek het pakslae gekry as ek nie vol punte vir maaltafels gekry het nie.

• Hoe voel dit nou dat Juffrou die skoolskoene by Laerskool Randhart verruil het vir “juffrouskoene”?

    Dit bly ’n eer om skool te hou en ’n verskil te maak.

• Kom ons kyk na Laerskool Randhart NOU en Laerskool Randhart 50 jaar terug? Dink Juffrou die skool het baie          gegroei?

    Ja, die skool is van geen kultuur, geen baanitems en geen netbal nie, na ‘n skool wat so baie
    verskeidenheid  aanbied. Laerskool Randhart lewer vandag kwaliteit. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.