Geskryf deur: Jané du Preez 1 min

Die wiele rol en die Ranties is op ‘n jol

Kaskardag is om die draai en die opwinding is besig om op te laai!

Elke kind se droom gaan binnekort ’n realiteit word. Hierdie is ’n fees wat niemand wil mis nie; ’n dag wat niemand sal vergeet nie. Pret saam met jou vriende, lekkernye om aan te smul en baie pryse om te wen.

En wat moet jy doen... Koop jou kaartjies nou; jy kan nie die asemrowende pryse by jou laat verby gaan nie!

Die kinders sal natuurlik hul spanwerk moet saambring om hierdie resies te wen. Hierdie is ’n tyd vir onderwysers en kinders om met hul tooisels te spog, terwyl hulle ’n parade om die veld hou en lekker geesvang om hulle maats aan te spoor.

Ons glo dat elke Rantie hulle kant sal bring om hierdie dag ’n sukses te maak... en onthou om jou kaartjies te koop! 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.