Geskryf deur: Hannes Jansen 1 min

Daar's 'n dassie op die stoep!

Volgende keer as jy by Laerskool Randhart kom kuier, moet jy jou verkyker en kamera bring, want daar is 'n verskeidenheid van wild hier. Van die uil wat elke paar dae kom kuier tot die dassie wat dink hy is die hoof van die skool.

Willem, die dassie, (soos ek hom noem) bring sy dae naby die kantoor deur, waar daar die minste kinders is om hom te keer om 'n rustige oggend te hê. Willem dink duidelik hy is die baas van die plaas, want niemand soek vir moeilikheid by hom nie.

Al is Willem klaar deel van die Rantie-familie, is dit nie altyd 'n goeie idee om 'n dassie alleen en weg van sy natuurlike habitat te hou nie. Ons kan vir professionele hulp vra om hom te vang en terug in die wild te sit. Ons kan hom ook net los dat hy sy eie ding doen. Onthou net dat hy steeds 'n wilde dier is.
 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.