Geskryf deur: Amori van Vuuren 1 min

Die Ranties hou ‘n boekverkoping

Of jy nou ‘n boekwurm is of nie, daar is by Laerskool Randhart se boekverkope altyd iets wat jou oog vang. Van die nuutste boek van Jaco Jacobs of Fanie Viljoen tot ’n oulike Tippie-boek. Nie net is daar baie om van te kies nie, maar die verkope is baie goed georganiseer en het ook vriendelike verkopers.

Wat is nou lekkerder as om in jou skool se mediasentrum rond te dwaal in tjoepse stilte waar jy die kreatiewe name en helder kleure van boeke kan waarneem? Of jy nou met R100 of R150 daar aankom, daar is altyd ‘n boek wat in jou prysklas is. Laerskool Randhart se mediasentrum en boekverkope fokus daarop om meer kinders belang te laat stel in boeke, wat dan tot verstandige kinders asook kreatiewe en slim breine lei.

Die boekverkope fokus ook daarop om kinders van kleins af te laat besef dat boeke ‘n groot rol in ‘n breë woordeskat speel.

Ek, Amori van Vuuren, ‘n graad 7-leerder hier by Laerskool Randhart, wat self nie van lees gehou het nie, is selfs geïnteresseerd in die interessante boeke wat hier by ons einste mediasentrum verkoop word.

Die verkope het my gehelp om die slim boekwurmpie te wees wat ek vandag is. 

© Kopiereg 2025 #Rantiesnuus. Alle regte voorbehou.