Ek hou nie baie van toetse nie, maar toetse en eksamens bepaal kinders se standaard.
Dit is nie nodig om so baie toetse te skryf nie. Daar kan meer op deurlopende assessering en klasaktiwiteite deur die jaar en eksamens aan die einde van die jaar gekonsentreer word.
Kinders kan meer informele assessering in die klas doen en ook klasaktiwiteite, sodoende kan onderwysers sien as leerders met sekere werk sukkel.
Toetse en eksamens is belangrik, want dit verseker dat ons sekere inligting memoriseer en ander genoegsaam inoefen. Mens wil nie dokters of vlieëniers in die wêreld instuur wat nie weet hoe om ‘n blindederm uit te haal of ‘n vliegtuig veilig te land nie.
Toetse en eksamens is die beste manier om rekenskap te gee van alles wat jy bemeester het, sodat jy kan aanbeweeg na ‘n volgende graad of ‘n volgende konsep kan aanleer.
My doelwit is om ‘n 80% gemiddeld aan die einde van kwartaal 1 te kry.
Wat is jou mikpunt?