Ek wil nou nie spek skiet nie, maar die graad 5-onnies by Rand♥ weet BESLIS hoe om die dag van liefde BEHOORLIK te vier! Cupid self sou BAIE trots op hulle gewees het.
Op 13 Februarie (die dag voor Valentynsdag) het die graad 5-onnies die geleentheid aangegryp om liefde by Laerskool Randhart te versprei, want die volgende dag sou dit Interlaer wees. Met hulle oulike, humoristiese hempies en mooi versierde deure, was die leerders in die klaskamers verwelkom. Dis net nog ‘n bewys dat Randhart se onnies die ekstra myl stap en ten spyte van die besige skedule, steeds tyd maak vir pret en plesier.
Dankie vir al die moeite en liefde. Julle sit die ♥ terug in Randhart!