As burgers geniet ons sekere regte en vryhede, maar wat is ons verantwoordelikhede? In die wêreld van vandag is dit maklik om vasgevang te raak in die idee dat ons regte en vryhede absoluut is. Ons het regte op vrye spraak, die reg om te vergader en die reg om ons drome te volg. Maar met hierdie regte kom ʼn deurslaggende vraag: “Het ons die verantwoordelikheid om die regte van ander te respekteer?”
Ons woorde en ons optrede beïnvloed die mense om ons en ons hele gemeenskap. Dit dra ook by tot algemene goedheid, hetsy deur vrywilligerswerk, om belasting te betaal of bloot ʼn goeie buurman te wees. Dan natuurlik die onaangenaamste een van hulle almal – om huiswerk te doen en te leer. Verantwoordelikhede kan soms in konflik voorkom, byvoorbeeld die reg op eie uitspraak sonder om iemand sleg te sê. Net so die reg om te vergader, beteken nie dat ons die reg het om die verkeer te blokkeer of onnodige ontwrigting te veroorsaak nie.
So hoe kry ons balans tussen ons regte en verantwoordelikhede? Dit begin met opvoeding en bewustheid. Ons moet verstaan wat ons regte is en wat hulle in die praktyk beteken. Ons moet ook herken dat ons regte nie absoluut is nie en dat hulle met ooreenstemmende verantwoordelikhede kom. Uiteindelik is gebalanseerde regte en verantwoordelikhede ‘n delikate dans. Dit vereis dat ons bedag moet wees op ons optrede en die impak wat dit op ons gemeenskap het. Ons moet almal se regte respekteer.
So volgende keer as jy huiswerk kry , dink hoe bevoorrig is jy om die reg op die skool te hê.