Op 9 Oktober 2024 het Mufasa die Ranties besoek of sal ek eerder sê Jo Black, wat alombekend vir sy inspirerende liedjies soos “Hoop” en “Een Klein Klippie” is.
Hy het ‘n passie om mense te inspireer en die keer het hy dit gedoen deur ons op ‘n reis te vat saam met Simba en Mufasa in die storie van The Lion King. Met sy lang baard wat soos maanhare pronk en sy diep stem wat soos ‘n leeu se brul klink, kan Jo Black maklik die rol van Mufasa vertolk en het ons hoendervleis lekkergekry om na hom te luister.
“Onthou wie jy is,” was die boodskap wat Jo Black met ons kom deel het. Jy is ‘n kind van God, daarom hoef jy nie in jouself te twyfel nie. Dit is ‘n boodskap wat elke Rantie ter harte kan neem.
Dankie oom Jo, die Ranties sal jou woorde van inspirasie vir altyd onthou.