Die afbakening is alreeds uitgedeel en elke onderwyser by Randhart (en definitief jou ouers ook) hoop jy is al hard besig om te leer. Eksamen is ‘n goeie ding waarna jy moet uitsien, want dit gee jou ‘n geleentheid om dit weer te lê wat jy oor die afgelope jaar of kwartaal geleer het.
Gepubliseer:
23 Oktober 2023
Met groot opgewondenheid het nog ‘n atletiekseisoen weggespring. Nee wag, hy hardloop al lankal reeds weg met ons! Die Ranties se tweede vriendskaplike byeenkoms het op 18 Oktober plaasgevind en ons atlete moes hard teen Laerskool Baanbreker vastrap.
Gepubliseer:
20 Oktober 2023
Die woordeboek beskryf 'n baas as die eienaar of besitter van iets. Die hoof wat oor iemand aangestel is, in ‘n gesagsposisie is of as iemand wat iets beter as ander kan doen. Hulle bied rigting en ondersteuning wat nodig is vir persoonlike en professionele groei.
Gepubliseer:
10 Oktober 2023
Ken, Barbie, Seerowers en selfs Springbokke, Imposters en pers Minions het dit op Kaskardag kom uitveg om te sien wie die vinnigste klas in die skool is.
Wat ‘n heerlike dag wat nog meer spesiaal gemaak was deur sportmotors, die mooiste pom-poms-dansers en oulikste klein trompoppie-rakkertjies!
Gepubliseer:
10 Oktober 2023
Die naweek van 8 September was meeste van die Ranties en hul gesinne op pad na Mbizi, Bela-Bela, vir die tentedorp. Kinders was amper soos die gesegde sê - gesien maar nie gehoor nie. Hulle het die heeldag geswem, hul bene lam fiets gery en konstant aan al die lekkernye geknibbel.